Die vrolike musikant

"Die Vrolike Musikant"
Genre  Afrikaanse volksmusiek
Woorde  P. McLachlan
Melodie  Friedrich Wilhelm Möller
Verwerking  Pierre Malan[1]
Oorsprong 
Taal/land  Duits
Titel  "Mein Vater war ein Wandersmann"
Portaal  Portaalicoon   Musiek

"Die Vrolike Musikant", ook bekend as "My Vader was ’n Musikant", is die Afrikaanse weergawe van die Duitse volksliedjie "Mein Vater war ein Wandersmann", wat geskoei is op ’n werk van Florenz Friedrich Sigismund uit die begin van die 19de eeu. Die melodie waarop die lied sedert die begin vyftigerjare gesing word, is die werk van die komponis Friedrich Wilhelm Möller, wie se suster Edith Möller Sigismund se teks aangepas het vir die koor wat sy afgerig het.[2]

Die Afrikaanse woorde is deur P. McLachlan geskryf.[1]

  1. 1,0 1,1 "FAK-sangbundel aanlyn". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2017. Besoek op 13 Mei 2017.
  2. Mein Vater war ein Wandersmann by volksliederarchiv.de

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne